Home

SADF

SWATF

Rhodesia

SAAF

SA Army

SA Navy

SAMS

SA Elite Forces

SA Chaplain Services

Communism

SA National Colours

SAP

SADF Medals

SADF Sport

SA Military Buildings

SA Roll of Honour

SA Military Academy

Web Forum

SADF Links

SADF Re-enactment

Web Master

Aankoms vir Nasionale Diensplig - Arrivals for National Service

 

INSURGENSIE EN TEENINSURGENSIE

Die 20e eeu word gekenmerk deur 'n stryd wat die soeker na vrede voor ongekende probleme te staan bring.

Die algehele verwoestingskrag van kernwapens het die voorstanders van konvensionele oorlogvoering op die agtergrond laat tree weens die vrees dat 'n konvensionele stryd tot 'n kernoorlog kan ontwikkel. In die plek daarvan het 'n meer subtiele, revolusionere oorlog gekom. Dit is 'n totale stryd wat alles en almal sowel subtiel as gewelddadig betrek.

Waar die konvensionele oorlog hoofsaaklik om grondgebied gaan, wentel die revolusionere stryd primer om die bevolking en die volkseie. Die aanslag is uitgerek en op die verwoesting van die politieke order, ekonomie, infrastruktuur, volkswil en karakter gemik. Opsommend: Die terroris wil die totale orde omverwerp en hy wend die militere wapen net ter versterking van die politieke, ekonomiese, sosiale en propagandawapens aan. Op die wyse, deur terreur en, aan die ander kant, onooglopende propaganda, wil die terroris wanbegrip, vertwyfeling, wanhoop en oorreaksie by die bevolking skep. Dit sal die vrugbare teelaarde vorm vir die insurgent om sy eind doel te bereik. Die antwoord hierop is teeninsurgensie. Net soos die terroriste-aanslag, sluit dit optrede op alle terreine van die menslike bestaan in wat van die huisgesin tot die militere kring strek. Elkeen moet gewilliglik betrokke raak by teeninsurgensie en met alle middele tot sy beskikking, sy steun en samewerking aan die stryd toese. Dit moet 'n lewenswyse wees wat as teenvoeter vir vyandelike beinvloeding of propaganda kan dien. Ons pragtige land, godsdiensvryheid en politieke stabiliteit is die moeite werd om voor te stry en verdien trou en vaderlandsliefde.

DIE ROL VAN DIE VEILIGHEIDSMAGTE

Daar is deur die eeue heen bewys dat die wereld nooit sender oorloe sal wees nie Die staat moet voorbereid wees en 'n ge-oliede staatsmasjinerie he wat doelgerig werk om die land op te bou sodat hy weerstand kan bied teen aanslae van buite.

Die Veiligheidsmagte — dit wil se die weermag en die polisie — is een hefboom van die staat wat 'n onontbeerlike rol in die hele opset speel. Die taak van die Veiligheidsmagte in die teeninsurgensiestryd is om veiligheidsdekking te bied sodat noodsaaklike politieke, sosiale en ekonomiese groei in vrede kan plaasvind.

Stratee wys daarop dat die militere mag in die insurgensiestryd sterk steun aan propaganda en politiek-ekonomiese aksies bied. Dit is nietemin noodsaaklik dat die militere vermoe soms ten volle in die insurgensiestryd ontplooi moet word.

Die Veiligheidsmagte slaan die bedreiging van buite die land op die grense af en andersins is dit hul taak om te verhoed dat moorde en ander terreurdade deur terroriste teen die bevolking gepleeg word. Die soldaat beskerm en ondersteun dus die bevolking en die gesagstrukture van die land sodat die ontwikkeling kan plaasvind. Daarvoor is deeglike opleiding nodig.

 

Aankoms by Upington Stasie

 

Van die trein afklim en aantree voor, dan voor die stasie weer aantree. Meeste van die twee jaar dienspligtiges het reeds kennis van dril formasies wat hulle op skool in 'Kadette' geleer het...

 

National Servicemen arrive at Upington station...

 

They are welcomed by the Officer Commanding, supported by the welfare officer, chaplain and RSM...

 

Aankoms by 8SAI basis...

 

Forming a group before documentation...

 

Medies geskik...?

 

Documentation...

 

In the typical heat of Upington, the national serviceman welcomes a short haircut...

 

In die snikhete somer op Upington, verwelkom die nasionale dienspligtige 'n kort haarsny...

 

Almal wag geduldig hul beurt af. Deeglike dokumentasie le 'n goeie grondslag vir behoorlike administrasie...

 

Die uitreiking van klere en gewere aan 'groot' en 'klein'...

 

Die uitreiking van klere en gewere aan 'groot' en 'klein'...

 

Die uitreiking van klere en gewere aan 'groot' en 'klein'...

 

Die uitreiking van klere en gewere aan 'groot' en 'klein'...

 

The army thinks of the small things as well...

 

Het julle alles, lyk my so...

 

As ek alles het kan ek slaapplek gaan soek...

 

But one must eat as well...

 

Ons beweeg na ons slaapplek, alhoewel nie in pas nie...

 

After a few weeks we start to look like soldiers...

 

Om te leer hoe om 'n bed te "square"...

 

 

Home

SADF

SWATF

Rhodesia

SAAF

SA Army

SA Navy

SAMS

SA Elite Forces

SA Chaplain Services

Communism

SA National Colours

SAP

SADF Medals

SADF Sport

SA Military Buildings

SA Roll of Honour

SA Military Academy

Web Forum

SADF Links

SADF Re-enactment

Web Master