Home

SADF

SWATF

Rhodesia

SAAF

SA Army

SA Navy

SAMS

SA Elite Forces

SA Chaplain Services

Communism

SA National Colours

SAP

SADF Medals

SADF Sport

SA Military Buildings

SA Roll of Honour

SA Military Academy

Web Forum

SADF Links

SADF Re-enactment

Web Master

Inleiding - Introduction

 

REDAKSIONEEL — EDITORIAL

Om 'n doelgerigte, trotse, gemotiveerde, parate en gedissiplineerde eenheid daar te stel wat as die beste eenheid in die SA Leer bekend sal staan; en Om te alle tye hoer gesag se beleid en wense na te kom ter bereiking van die doelstellings wat ten opsigte van en deur 8 SA Infanteriebataljon nagestreef word; en Om myself nie te spaar in my pogings om my Skepper, my Land, my Volk, my Weermag en my Eenheid te dien nie.

Die doel van hierdie publikasie is om 'n oorsig in beeld te gee van 8 SA Infanteriebataljon vanaf sy ontstaan tot op die datum dat die vryheid van Upington aan die eenheid toegeken is. Wanneer so 'n publikasie saamgestel moet word, besef 'n mens eintlik hoedat die neem van foto's by geleenthede nie noodsaaklik geag word nie en vir die geskiedenis verlore is. Vir Upington is militere teenwoordigheid nie vreemd nie. Dit strek vanaf 1914 toe die Uniemagte van Suid-Afrika teen die Duitse Magte van SWA opgetree het. Lt.-Kol. (Genl.) Manie Maritz het bevel gevoer oor opleidingskampe in die omgewing van Kakamas. Dit is vanuit hierdie gebied dat hy en 700 man tot openlike rebellie oorgegaan het. Die rebellie is vroeg in 1915 onderdruk. In Desember 1951 is die Kommandement Noordwes Kaap gestig. Bekende persone soos Kmdt. G A King, QBE, Kmdt. J J Stapelberg, Maj W P Louw (latere Hoof van die Leer) het as bevelvoerders gedien. In Desember 1968 is die Militere Basis Upington gestig en dit het bestaan tot Oktober 1973 toe8 SA Infanteriebataljon in die plek daarvan gestig is. Die bevelvoerder ten tye van die stigting was Kmdt. T N Hanekom (SAA Vd) en die RSM AO1 D H van Niekerk (SAIK).

 

Morning sunrise shot between the lines of the 'basic wing' showing the all too familiar 'water tower' with painted unit flash, in the background...

 

The Unit received its first national servicemen in January 1974 who were transferred after a few months' training and the unit then became a July-intake battalion. During operation Savanna in Angola during 1975/76, 8 SAI also took part with one company. Omdat ons onder Noordwes Kommandement resorteer, publiseer ons na die gewaardeerde boodskappe die Kommandement Bevelvoerders. Ons is gelukkig om foto's te besit van al die bevelvoerders, tweede-in-bevels en RSM's van die eenheid. Die bataljon moes lank gebruik maak van tent-akkommodasie. In Desember 1978 het die bouwerke van meer as R3 miljoen 'n aanvang geneem en kon reeds in Oktober 1980 deur dienspligtiges betrek word. Soos deur die foto's aangetoon, was ons nog besig met ons sportkompleks.

Without national servicemen the unit will be of no use. Therefore we tried to give a picture of what he must undergo during his training. We are privileged to have the interest and the support of the civilians of Upington and surrounding and therefore a picture of their goodwill. The Army Ladies Association is always indespensable at any unit for promoting goodwill and bringing something of a home atmosphere to the national servicemen. Geestelike weerbaarheid is 'n integrale deel van die soldaat se opleiding. Die Kapelaansdiens is daarom met die Woord van God as basis die lid van die Weermagweerbaarte maak teen aanslae van buite en elke situasie waarin hy mag beland. Onder Personalia publiseer ons soveel moontlik foto's wat ons kon kry van lede wat al by hierdie eenheid was en nog is met waardering vir hul bydrae tot 8 SAI.

Ons beskou onsself as 'n deel van Upington. Ons woon, werk en leef hier. Dat Upington ons aanvaar as 'n integrale deel van die gemeenskap word ook bewys deur die gebaar om die vryheid van die dorp aan 8 SA Infanteriebataljon toe te ken. Ons dank aan die stadsvaders vir hierdie goeie gesindheid. Mag hierdie publikasie van 8 SA Infanteriebataljon bydra om begrip en waardering te bevorder vir die dienspligtige, die staandemaglid, die Suid-Afrikaanse Leer en die Suid-Afrikaanse Weermag in sy geheel.

BOODSKAP VAN / MESSAGE OF DIE HOOF VAN DIE LEER / THE CHIEF OF THE ARMY

LT. GENL / LT. GEN. J J GELDENHUYS, SSAS, SD, SM

Die aard van die insurgensiestryd waarin die Suid-Afrikaanse soldaat hom vandag bevind, is 'n stryd wat goeie dissipline, hoe moreel en harde opleiding verg. Dit is 'n stryd wat weens sy eiesoortige omstandighede en tydsduurgrotere wordende eise aan die jong soldaat stel. Verby is die dae van groot veldslae gelei deur beroemde generaals wat met enkele beslissende operasies beeindig kan word. Die insurgensiestryd is weens die uitgestrektheid van die slagveld en die tydsduur, 'n stryd wat groter verantwoordelikheid op ons jong leiers en soldaat plaas en besliste optrede van hom verg.

To be able to train junior leaders and soldiers to act and fight under these circumstances it is essential that the training and morale of the responsible training unit be of the highest standard. It is in this role that 8 SA Infantry Battalion has a very important part to play. The standard of training and morale at a unit depends on its leaders, its methods of training and most important of all the calibre of its men. I am of the opinion, and the unit's record in the operational area substantiates this, that 8 SA Infantry Battalion meets all these demands.

Hierdie gedenkblad is saamgestel om u, die leser, 'n blik in 'n dag se werksaamhede van 'n soldaat van 8 SA Infanteriebataljon te gee. Dit beeld nie slegs die opleidingsaktiwiteite van hierdie jong soldate uit nie, maar gee u ook 'n beeld van die gehalte van die fasiliteite wat by hierdie eenheid beskikbaar is. Aktiwiteite en fasiliteite wat, saam met goeie leierskap, slegs bevorderlik is vir die hoe stand van die moreel wat tans by hierdie eenheid heers. Ek wil die eenheid gelukwens met die besonder hoe gehalte van hierdie gedenkblad en ek is seker dat die doel daarmee bereik is. Die gehalte is 'n sprekende voorbeeld van u standaard op alle vlakke. As 'n eenheid wat toegewyde diens aan die SA Weermag in die algemeen en aan die SA Leer in die besonder lewer, het u 'n goeie rekord daargestel.

 

BOODSKAP VAN / MESSAGE OF DIE BEVELVOERDER / THE OFFICER COMMANDING NW. KOMMANDEMENT / N.W. COMMAND

BRIG. B.A. FERREIRA

As bevelvoerder van die Kommandement waarin 8 SA Infanteriebataljon gelee is, wil ek graag die SA Weermag se waardering oordra aan die mense van Noordwes Kaapland vir die ondersteuning wat hulle aan die bevelvoerder en elke soldaat van hierdie eenheid gee. U welwillendheid teenoor hierdie soldate van u word baie hoog geag.

We as soldiers, consider it to be a great priviledge bestowed on us, when the "Freedom of Entrance" into a town or city is granted to a Military Unit. Although only a ceremony, this ceremony can be compared to a marriage between a man and a woman. From the moment of the conclusion of that marriage, each have a greater more demanding responsibility towards the other party. After 8 May 1981 8 SA Infantry Battalion will have a greater role to play in the activities of your community. They will then be a real part of you! We hope and trust that the other spouse in this agreement will also accept this new association as a more demanding one.

From myself and all the other Military Units in North Western Command, we wish Upington and 8 SA Infantry Battalion the best for the future. Your new association with each other will be a success!

 

BOODSKAP VAN / MESSAGE OF DIE BEVELVOERDER / THE OFFICER COMMANDING 8 SAI

KMDT. / COMDT. P M MULLER

Die voltooiing van die geboue vir 8 SA Infanteriebataljon simboliseer onwillekeurig die wil en deursettingsvermoe van die teenswoordige en vorige lede van die Eenheid. Waar 'n area van tentekultuur afgesluit is, maak die nuwe aangesig van die Eenheid plek vir die aanvaarding van nuwe waardes. Hierdie waardes is vir die moderne soldaat onontbeerlik en dit voorsien in daardie essensiele behoeftes wat 'n hedendaagse soldaat ervaar. 8 SA Infanteriebataljon se taak is die opleiding van ons jong manne vir die bekamping van die rewolusionere aanslag. Hierdie aanslag strek veel wyer as blote wapengeweld en daarom is fasiliteite wat ontspanning, geestelike weerbaarheid en motivering in die hand werk baie belangrik.

Alhoewel die Upington-omgewing alreeds vanaf voor die eerste Wereld-oorlog met 'n militere teenwoordigheid saamleef, bly die teenwoordigheid van jong soldate een van die samebindende faktore tussen die militere en dorpsgemeenskap. Die wedersydse vertroue en onderlinge samewerking groei steeds van krag tot krag soos weerspieel word in die toekenning van die Vryheid van toegang tot Upington aan 8 SA Infanteriebataljon op 9 Mei 1981. In die lig word vertrou dat die nuwe geboue dan ook as 'n aanwins vir die dorp Upington beskou word.

I wish to express my sincere gratitude towards the Minister of Defence, Chief of the Defence Force, Chief of the Army and the Department of Community, Development and State Auxiliary Services for their contributions in the provisioning of the faciliteis at 8 SA Infantry Battalion. Also for the dilligent way in which the firm LTA and the sub contractors went about during the construction process. A sound climate of mutual trust and understanding developed. The role of the consulting engineers De Beer, Farham, Van Rensburg and Stokes is deeply appreciated.

In conclusion I wish to thank the Reverend C F Matthee (Unit Chaplain) for his efforts with regard to the publishing of the publication. It succeeds in portraying a realistic image of our Unit, 8 SA Infantry Battalion.

 

BOODSKAP VAN DIE AGBARE BURGEMEESTER VAN UPINGTON

RAADSLID G J AGENBAG

Die toekenning van die vryheid van toegang tot 'n dorp aan 'n militere eenheid, is 'n gebaar waaroor nie ligtelik besluit word nie en wat nie sondermeer geskied nie. Dit berus op die agting waarmee die eenheid bejeen word en die vertroue wat daarvan gekoester word.

Die Stadsraad van Upington is daarvan oortuig dat 8 SA Infanteriebataljon aan hierdie twee vereistes met onderskeiding voldoen en daarom is dit vir my as Eerste Burger 'n voorreg om hierdie hoe eerbewys aan u te betoon.

Dit Stadsraad en gemeenskap van hierdie mooi en florerende dorp van ons is terdee bewus van die groot en verantwoordelike taak wat u as offisiere het om ons seuns fisies en geestelik paraat te maak en te hou om ons land te verdedig. U het reeds bewys dat u die uitdaging wat aan u gestel word, die hoof kan bied al moet die hoogste offer dan ook betaal word.

Dit is dus met diepe dankbaarheid dat ons as gemeenskap terugkyk op die pad wat 8 SA Infanteriebataljon sedert die stigting daarvan op 1 Oktober 1973 geloop het, waarin daar reeds diep spore getrap is en wat ons glo met verloop van tyd nog baie sal vermeerder.

Hartlik geluk met die welverdiende toekenning. Mag Gods rykste seen rus op u verdere werk en beplanning. Wees verseker van die gemeenskap se opregte belangstelling en deelname aan u weI en wee.

 

INSURGENSIE EN TEENINSURGENSIE

Die 20ste eeu word gekenmerk deur 'n stryd wat die soeker na vrede voor ongekende probleme te staan bring.

Die algehele verwoestingskrag van kernwapens het die voorstanders van konvensionele oorlogvoering op die agtergrond laat tree weens die vrees dat 'n konvensionele stryd tot 'n kernoorlog kan ontwikkel. In die plek daarvan het 'n meer subtiele, revolusionere oorlog gekom. Dit is 'n totale stryd wat alles en almal sowel subtiel as gewelddadig betrek.

Waar die konvensionele oorlog hoofsaaklik om grondgebied gaan, wentel die revolusionere stryd primer om die bevolking en die volkseie. Die aanslag is uitgerek en op die verwoesting van die politieke order, ekonomie, infrastruktuur, volkswil en karakter gemik. Opsommend: Die terroris wil die totale orde omverwerp en hy wend die militere wapen net ter versterking van die politieke, ekonomiese, sosiale en propaganda wapens aan. Op die wyse, deur terreur en, aan die ander kant, onooglopende propaganda, wil die terroris wanbegrip, vertwyfeling, wanhoop en oorreaksie by die bevolking skep.

Dit sal die vrugbare teelaarde vorm vir die insurgent om sy einddoel te bereik. Die antwoord hierop is teeninsurgensie. Net soos die terroriste-aanslag, sluit dit optrede op alle terreine van die menslike bestaan in wat van die huisgesin tot die militere kring strek. Elkeen moet gewilliglik betrokke raak by teeninsurgensie en met alle middele tot sy beskikking, sy steun en samewerking aan die stryd toese. Dit moet 'n lewenswyse wees wat as teenvoeter vir vyandelike beinvloeding of propaganda kan dien. Ons pragtige land, godsdiensvryheid en politieke stabiliteit is die moeite werd om voor te stry en verdien trou en vaderlandsliefde.

 

DIE ROL VAN DIE VEILIGHEIDSMAGTE

Daar is deur die eeue heen bewys dat die wereld nooit sender oorloe sal wees nie. Die staat moet voorbereid wees en 'n ge-oliede staatsmasjinerie he wat doelgerig werk om die land op te bou sodat hy weerstand kan bied teen aanslae van buite.

Die Veiligheidsmagte, dit wil se die weermag en die polisie, is een hefboom van die staat wat 'n onontbeerlike rol in die hele opset speel. Die taak van die Veiligheidsmagte in die teeninsurgensiestryd is om veiligheidsdekking te bied sodat noodsaaklike politieke, sosiale en ekonomiese groei in vrede kan plaasvind.

Stratee wys daarop dat die militere mag in die insurgensiestryd sterk steun aan propaganda en politiek-ekonomiese aksies bied. Dit is nietemin noodsaaklik dat die militere vermoe soms ten volle in die insurgensiestryd ontplooi moet word.

Die Veiligheidsmagte slaan die bedreiging van buite die land op die grense af en andersins is dit hul taak om te verhoed dat moorde en ander terreurdade deur terroriste teen die bevolking gepleeg word. Die soldaat beskerm en ondersteun dus die bevolking en die gesagstrukture van die land sodat die ontwikkeling kan plaasvind. Daarvoor is deeglike opleiding nodig.

 

Home

SADF

SWATF

Rhodesia

SAAF

SA Army

SA Navy

SAMS

SA Elite Forces

SA Chaplain Services

Communism

SA National Colours

SAP

SADF Medals

SADF Sport

SA Military Buildings

SA Roll of Honour

SA Military Academy

Web Forum

SADF Links

SADF Re-enactment

Web Master